Local newsNews

Span deel geskenkbokse uit by Laerskool Trichardt se koshuis

Organiseerder bedank almal wat tot Santa Shoebox-projek bygedra het.

Leerders in Laerskool Trichardt se koshuis is van die kinders wat gebaat het by die jaarliks ‘Santa Shoebox’-projek.

Gerda Peuckert, organiseerder van dié projek en haar vrywilligers het self die skoenbokse op 7 November by die skool gaan uitdeel.

Chris Morgenrood en Francois Trollip van Secunda Toyota, het die skoenbokse vervoer en gehelp om die bokse uit te deel. Hulle het ook vir die leerders ’n storie gelees.


Gerda Peuckert, organiseerder van die ‘Santa Shoebox’-projek op Secunda, kyk wat ’n kind in sy skoenboks gekry het.

Peuckert en haar span het 70 bokse by Laerskool Trichardt uitgedeel en ook die Louis Hildebrandt Kinderhuis besoek en daar bokse uitgedeel.

Kinders van Janelle Huis en die SAVF Kinder- en Jeugsentrum op Secunda het op 16 November hul bokse ontvang.

Peuckert het Secunda Toyota vir hul ondersteuning met die projek bedank.



LEES OOK: Cullinan Secondary School rugby players excels

LEES OOK: Gholfspelers swaai stokke ten bate van Laerskool Sundra

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button