Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Vleilelie Gholfkampioenskap vier 26ste jaar

Die Vleilelie, ’n bedreigde spesie en eie aan Delmas én die gholfbaan spesifiek, blom tradisioneel in November en vandaar die Vleilelie kampioenskap wat sedertien jaarliks as die gholfklub se hoogtepunt aangebied word.

Die bekende Vleilelie Kampioenskap is op 22 en 23 November by die Delmas Gholfklub beslis. Kallie Schoeman sê die vleilelie is Delmas Gholfklub se embleem.

Die Vleilelie Gholfkampioenskap het sy ontstaan reeds in 1998 gehad.

Die vleilelie, ’n bedreigde spesie en eie aan Delmas én die gholfbaan, blom tradisioneel in November en vandaar die Vleilelie Kampioenskap wat sedertien jaarliks as die gholfklub se hoogtepunt aangebied word.

Op dag een het 24 spelers die baan betree en hoewel donderweer die spelers vir ’n wyle van die baan af gehad het, kon spel binne sowat ’n halfuur weer voortgaan en het hulle ’n middag van prag gholf geniet.


LEES OOK: Cullinan se krieketspan verloor met twee paaltjies


Dag twee was bloedig warm met die kwik wat tot so hoog as 36ºC gestyg het, maar die baan was kleurvol met 44 spelers wat op die dag deelgeneem het.

Aan die einde van die tweede dag se spel het die klubkaptein en vise-president, ds Adriaan Benadie, die wenners vir 2024 aangekondig.

Sifiso Masuku is met 42 punte as 2024 se Vleilelie kampioen aangewys. In die tweede plek met 40 punte was Matthew Parrot, in die derde plek, Tyron Keal, in die vierde plek Arno Kruger en Ruan de Bruyn was vyfde.


LEES OOK: Colin Munro from Standerton recounts his bowling journey


Die prys vir die langste dryf het aan Benadie gegaan. Benadie het elkeen wat tot die sukses van die 2024 Vleilelie Kampioenskap bygedra het, bedank.

“Dankie aan elke speler, elke gas en Francois Kruger, ons baanbeampte,” het Benadie gesê.

Benadie het verder ook Reuben en Leandri Coetzee van We Meat Again bedank wat weer gesorg het dat die spelers heerlik geëet het met rustyd, sowel as die Kersete na afloop van die spel.

“Dankie, ook aan Trudie Mare vir die dekor van die saal. Sonder ons hoofborge, Danny Claassen, Odendaal en Kruger Prokureurs en Creative Clothing, sou die dag nie moontlik gewees het nie,” het Benadie ook gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button