Dié Duppie-atlete skitter in verspring
Jayden Bezuidenhout en Sibusiso Makgato het in onderskeidelik ’n vierde en negende plek in verspring by die Atletiek Gauteng Noord-kampioenskap behaal.
Jayden Bezuidenhout en Sibusiso Makgato van Laerskool Du Preez van Wyk presteer in die verspringput.
Dié o12 atlete het op 16 November aan die Atletiek Gauteng Noord-kampioenskap op Pilditch-stadion in Pretoria in die verspring-item seuns o13 deelgeneem.
Hoewel die kompetisie teen die ouer seuns moeilik was, het Jayden en Sibusiso steeds presteer. Jayden het algeheel vierde geëindig en Sibusiso negende. Dit was Sibusiso se eerste deelname aan dié kampioenskap.
Jayden se plasing onder die top vyf atlete het verseker dat hy deurgaan na die keuringsronde om ’n span vir Gauteng saam te stel wat op 6 en 7 Desember aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in Bloemfontein gaan deelneem.
Dié twee seuns het vroeër vanjaar aan die Atletiek Gauteng Noord se sub jeugprogram deelgeneem wat ook op Pilditch gehou is.
LEES OOK: Cullinan se krieketspan verloor met twee paaltjies
LEES OOK: Colin Munro from Standerton recounts his bowling journey



