Local newsLocal sportNewsStreeknuus

PWG Sinoville 5 klop Laudium 4 maar bly derde op puntelys

Kenny Rother het vyf paaltjies geneem teen slegs 30 lopies, terwyl Jaco Ferreira drie paaltjies vir 65 lopies geneem en Laudium se kolflyn beperk het.

Cullinan tuisspan, PWG Sinoville 5, het op 30 November in ’n naelbyt krieketstryd met twee paaltjies teen Laudium 4 gewen.

Ondanks dié oorwinning, bly Sinoville steeds in die derde plek op die puntelys, maar hulle het momentum opgebou vir die tweede helfte van die seisoen.

Laudium 4 het eerste gekolf en hul telling opgestoot na 197 vir 10. Morné Prinsloo het met 39 lopies uitgeblink, ondersteun deur Armand Wolmarans se bydrae van 32 lopies.

Prinsloo het ook in boul geskitter met 4 paaltjies vir 28 lopies, wat groot druk op Sinoville geplaas het. PWG Sinoville 5 het egter met hul kolfbeurt teruggeveg en 198 vir 8 aangeteken om die oorwinning te verseker.

Jaco Ferreira het die span geanker met ’n stewige 74 lopies, maar dit was Kenny Rother se 80 nie uit nie wat die deurslag gegee het.


LEES OOK: Hengelaars maak nette en beursies vol by Grootdraaidam


Sinoville boulers het hul merk gelaat met uitstaande prestasies. Kenny Rother het vyf paaltjies geneem teen slegs 30 lopies, terwyl Jaco Ferreira drie paaltjies vir 65 lopies geneem en Laudium se kolflyn beperk het.

Spanwoordvoerder, Riaan Labuschagne, het die span se prestasie geprys: “Ons spelers het ongelooflike karakter getoon.

Hierdie oorwinning wys dat ons as span saam groei en sterker word. Ons sien uit daarna om na die somer breuk voort te bou op hierdie sukses,” het Labuschagne gesê.

Vooruitsigte vir 2025
Met hierdie oorwinning sluit PWG Sinoville 5 die eerste helfte van die seisoen af. Die span hervat hul veldtog in Januarie en hoop om verder die puntelys op te skuif.



LEES OOK: 8 parkrunners set new personal best times in Standerton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button