Local newsNewsStreeknuus

Toyota Knight van Delmas word met nuwejaarsbaba geseën

Vir ouers, Waldo en Tanya Prinsloo was die geboorte van klein Dewald ’n groot seën en welkome toevoeging tot die Prinsloo familie.

Dewald Prinsloo het op die 1 Januarie sy welkome opwagting in die wêreld gemaak.

Hy het met sy geboorte 3.6kg geweeg en was 50cm lank.

Vir ouers, Waldo en Tanya Prinsloo, inwoners van Delmas, was die geboorte van klein Dewald ’n groot seën en welkome toevoeging tot die Prinsloo familie.

Tanya, bekend as ’n vrou met ’n groot liefde en omgee vir haar gemeenskap, maar ook as befaamde Toyota Suid-Afrika Knight, is vir nou net mamma van haar nuwejaarswonderwerk.

Trotse ouma Sanet Roux, wie vanaf Kuruman kom kuier het vir Waldo se geboorte, het Streeknuus meegedeel dat Waldo fris en gesond is en die geboorte goed verloop het.




ALSO READ: Secunda-inwoner se bloed red baie lewens

ALSO READ: Round Table Secunda 231: A beacon of brotherhood and community service

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button