Local newsNews

Standerton NG Suid-gemeente hou basaar

Die basaarpoedingstalletjie het besoekers oorweldig en voorraad was binne drie ure op 1 Maart uitverkoop.

Die NG Kerk Standerton-Suid het op 28 Februarie en 1 Maart ’n fees van ’n kerkbasaar gehou. Gemeenskapslede kon uitsien na ’n gesellige dag van pret en heerlike happies.

Op die spyskaart was talle smullekker kossoorte, insluitend souserige boereworsrolle, kraakvars vetkoek, heerlike mini-oliebolle en selfs ’n skaapkop of twee.

Die basaarpoedingstalletjie het besoekers oorweldig en voorraad was binne drie ure op 1 Maart uitverkoop. Kinders het op die kerkgronde baljaar met helium ballonne en verskeie ditjies en datjies van die speelgoedstalletjie.

Marizaan van Zyl se hekelwerk het uitgestaan tussen al die stalletjies.


Marizaan van Zyl stal haar hekelwerk uit met die hulp van haar ouma, Charmaine Smith.


ALSO READ: Govan Mbeki mayor reshuffles mayoral committee

ALSO READ: WATCH: Secunda man and daughter reunite after 52 years

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button