Local newsNews

AfriForum knap weer Bethal op

Raak betrokke by organisasie en gee terug aan gemeenskap.

AfriForum het weer eens ingegryp en Bethal opgeknap deur die gras te sny. AfriForum Bethal-tak het sedert Februarie inwoners, plaaslike ondernemings en selfs skole aangemoedig om by hul maandelikse skoonmaak aksies betrokke te raak.

Deur die Trots Bethal projek van stapel te stuur, beoog dié organisasie om Bethal weer in die juweel te omskep wat dit eens op ’n tyd was.

Hennie Bekker, AfriForum distrik koördineerder vir die Hoëveld, het gesê dié projek verseker dat die tak steeds gereeld die gras op sypaadjies sny.

“Nou word daar óók verskeie ander inisiatiewe saam met plaaslike ondernemings en skole van stapel gestuur om die dorp vir almal te verbeter,” het Bekker gesê.


Die gebied naby die CVO Volksskool op Bethal voordat AfriForum werkers en vrywilligers die gras gesny het.

Een van dié inisiatiewe behels noue samewerking met die Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys om die ingang na dié skool wat op die R545 geleë is, skoon en netjies te maak. Die projek word in fases, óók saam met die Jim van Tonder Skool aangepak.

Volgens Bekker het AfriForum Bethal-tak begin deur die gras in die gebied te sny en rommel op te tel. Dit is ook in AfriForum se beplanning om vullisdromme al langs die pad op te rig en die Bethal ingangsbord oor te verf.

AfriForum Bethal-tak het verder ook die gras langs die N17 snelweg en by die Bethal Polisiestasie gesny, asook die gras om die brug in Malherbestraat, waar die Nestlè-fabriek eens was, die gebied voor Bethal DBV en om die Midnight vulstasie.

Vrywilligers het die spruit voor Bethal Traders opgeruim.

“Dit is ’n teken dat ’n gemeenskap eienaarskap van sy omgewing neem wanneer private individue self om hul ondernemings en woonbuurte begin skoonmaak,” het Bekker gesê.

“Dit is verblydend om te sien dat inwoners bereid is om self die harde werk in te sit om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.”

Dié AfriForum tak het ook ekstra werk in die middedorp aangepak om die gebied op te knap.

Die tak het onder meer ’n deel van Clerqstraat tussen Du Plooy- en Chris Hanistrate skoongemaak, onkruid wat tussen die plaveisel gegroei het met grawe uitgekap en stoptekens oorgeverf. Die span het ook ongure plakkate en papiere van ligpale verwyder en van kragbokse afgeskraap.

“Wanneer daar ’n trots onder gemeenskappe gekweek word vir hul dorpe en dié individue dan klein veranderinge konsekwent oor tyd aanbring, kan daar die grootste verskil in ’n gebied gemaak word,” het Bekker gesê.




LEES OOK: The BELA Act: A new chapter for South African education

LEES OOK: Sasol Marathon Club shines at Goldi Marathon in Standerton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button