Secunda-rolbalspelers vaar goed
Mpumalanga uitdunrondes vind op Secunda plaas.
Plaaslike rolbalspelers van die Sasol Rolbalklub het goed gevaar by die Mpumalanga Wes Rolbalkampioenskap wat vanaf 12 tot 13 April op Ermelo gehou is.
Lanie Nel het die ope mans enkel-afdeling gewen terwyl Gwenneth Walters-Gerout tweede geëindig het in die ope vroue enkel-afdeling en Elize Gray vierde in die veteraan vroue-afdeling.
Koos Jonker het tweede in die veteraan mans-afdeling geëindig
Rolbalspelers gaan vanaf 31 Mei tot 1 Junie tuis kragte meet in die Mpumalanga uitdunrondes wat op Secunda plaasvind vir die mand en op Ermelo vir die vroue.
ALSO READ: Athletes compete in the annual Sasol Secunda sports weekend
ALSO READ: Gholfers skyn by Sonskyn Kunsmis Meesterstoernooi op Standerton



