Local newsLocal sportNews

Atlete van Atletiekgroep op Secunda presteer by SAs

Tsidi wen goud en brons by twee kampioenskappe.

Drie plaaslike atlete onder die wakende oog van afrigter Janine Fauhla, die eienaar die Speedters Atletiekgroep op Secunda, het behoorlik uitgeblink by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap.

Hulle was deel van die Mpumalanga atletiekspan.

Matsidiso Makgato, beter bekend as Tsdidi, ’n leerder van Hoërskool Hoogenhout, het ’n goue medalje huis toe geneem in die verspring vir vroue o19 by die kampioenskap wat vanaf 27 tot 29 Maart in Kaapstad gehou is.

Makgato het toe ook vanaf 24 tot 26 April aan die ASA Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap op Potchefstroom deelgeneem in die vroue-afdeling en ’n brons medalje vir verspring huis toe gebring.

Die ander twee Secunda-atlete wat by die Suid-Afrikaanse Atetiekkampioenskap in Kaapstad presteer het, is Janru Pretorius en José van Rooi.

Pretorius wat vir die eerste keer SAs toe is vir vyfkamp, het ’n brons medalje huis toe gebring in die afdeling vir so15 terwyl José van Rooi ook ’n brons medalje huis toe gebring het in die 100m hekkies vir so15.

Beide seuns het hul persoonlike beste tye gehardkoop by dié kampioenskap. Makgato is ook gekies om Suid-Afrika by die Afrika Atletiekkampioenskap te verteenwoordig wat in Julie in Nigirië plaasvind.




LEES OOK: Hospital in Trichardt awards Nelisiwe as best nurse

LEES OOK: MMA fighter from Secunda wins first professional fight

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button