Local newsNewsSchools

Landties neem deel aan Jeugskou

Lizelle Venter het ’n eerste plek in die pluimvee senior afdeling behaal, gevolg deur Sennoey Smuts in die tweede plek.

Leerders van Morgenzon Landbou Akademie (Landties) het op 10 Mei deelgeneem aan die Mpumalanga Jeugskou.

Talle leerders het vroegoggend by Hoërskool Middelburg opgedaag om hul landbou talente te vertoon.

Lizelle Venter het ’n eerste plek in die pluimvee senior afdeling behaal, gevolg deur Sennoey Smuts in die tweede plek.

EG Janse van Rensburg was eerste in die junior afdeling en Benjamin Stoltz tweede.

Izak Swanepoel en Natalie van Deventer het aan die junior vleisbees skou deelgeneem. Swanepoel het die eerste plek ingeneem en van Deventer het derde gekom.

In die junior kullinêre skou, het Nqobile Nkosi ’n eerste plek verwerf. Marnel Swanepoel het die derde plek ingeneem in die senior perde skou terwyl Elzerie Feirera ’n derde plek in die junior afdeling behaal het.

Anzelle van der Walt het die junior vleisskaap skou oorheers. Barend van Niewenhuis het ’n eerste plek in die senior afslaer kategorie verwerf.




LEES OOK: GMM signs MoU for infrastructure pilot project

LEES OOK: Bethal police seek public’s help to identify unclaimed human remains

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button