Secunda-leerder neem deel aan ‘Maak my ’n Miljoenêr’
Albie Botha sal vanaf 7 Augustus op die kassie te sien wees.
SECUNDA – Albie Botha, ’n leerder aan Hoërskool Secunda, het in Mei aan die BrandBank-uitdunronde van die Maak My ’n Miljoenêr (Entrepreneur van die Jaar-kompetisie) en ViaTV-reeks deelgeneem, en onder die top 30 geëindig.
Dié kompetisie, ’n inisiatief van Albert van Wyk in samewerking met die ATKV, toets leerders se entrepreneurskennis en -vaardighede tot op die uiterste.
Die doel is om entrepreneurskap in skole te bevorder en om jong entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning te bemagtig.
As deel van die BrandBank-uitdunronde moes Albie sy besigheidsidee voor ’n paneel beoordelaars by ’n fisiese rooi bank aanbied en vrae beantwoord.
Altesaam 230 jong, voornemende entrepreneurs het aan die kompetisie deelgeneem. Hiervan is eers die top 60 en daarna die top 30 gekies. Die Maak My ’n Miljoenêr-reeks sal vanaf 7 Augustus op Donderdagaande om 20:00 op ViaTV uitgesaai word.
LEES OOK: Govan Mbeki Municipality hosts two-day youth summit
LEES OOK: Venter and Smit win Gold Rush Golf Tournament in Evander



