Local newsNews

Standertonse bloedskenker vier 175ste eenheid

Belinda Stadler het op 23 Augustus ’n toekenning ontvang.

Belinda Stadler het op 23 Augustus na Graceland in Secunda gereis vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se skenkersfunksie, waar sy ’n prys ontvang het vir haar 175ste bloedskenking.

Sy het haar ervaring van dié spesiale oomblik gedeel. Sy vertel dat geskenkte bloed in drie dele verdeel word.

“Sommige mense se bloed vervaardig nie rooibloedselle nie, ander kort wit bloedselle en ander benodig weer net plasma,” het Stadler verduidelik.

Sy het die storie gedeel van twee 11-jarige kankerpasiënte wat elke week bloed moet kry.

“Dit was so ’n mooi geleentheid en dit het my hart aangeraak om te sien hoe jou bloed ander se lewens kan raak,” het Stadler gesê.

Boonop was die buffet heerlik en die musiek uitstekend.

Stadler deel dat sy graag plasma sou wou skenk, maar sy sal eerder aanhou om gereeld bloed te skenk, omdat haar bloedgroep die mees algemeen gebruik word vir babas wat dit benodig.

“As jy die dag bloed nodig het, dan kan jy net bid dat iemand tyd geneem het en gaan skenk het. Dit is die verskil tussen lewe en dood,” het Stadler afgesluit.



LEES OOK: Soup kitchen in Standerton asks for donations

LEES OOK: Rayton boy who suffers from rare disease hopes for a special birthday present

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button