Local newsNews

Dogter van Trichardt moet weer operasie kry

Ondersteun gesin om geld in te samel vir Lamaine.

Lamaine du Plessis (13) het reeds twee operasies aan haar oog gehad, maar moet nou ’n derde operasie ondergaan. Die Ridge Times het in September 2022 oor Lamaine berig, toe haar ouers ook geld moes insamel vir haar vorige operasie.

Die gesin kan nie ’n mediese fonds bekostig nie, en haar ma, Bronwyn Botha, wil nou worsrolle verkoop om geld in te samel. In 2022 is daar vog agter Lamaine se oog gevind, wat die spesialis destyds verwyder het. Dit het vir ’n paar jaar goed gegaan, maar haar linkeroog het weer probleme begin gee.

Lamaine het in April verlede jaar by haar ouma, Ronel van Rooyen, in Kriel ingetrek om haar laerskooljare by Laerskool Krielpark af te rond.

“My ma het my so twee weke terug laat weet dat Lamaine se oog nie goed lyk nie. Sy het ’n foto gestuur en haar oog was rooi en geswel. Ek het gedink dit is maar weens die verandering van seisoene en die stof en wind wat daarmee gepaardgaan,” het Botha vertel.


LEES OOK: Wounded Cullinan resident dies after 50 days in ICU


Die volgende dag het Lamaine se oog egter heeltemal toegeswel. Die gesin het ’n afspraak by die oogspesialis gemaak, wat bevestig het dat die vog weer terug is en dat sy weer ’n operasie sal moet ondergaan om dit te verwyder.

Die spesialis het ook gesê daar is nog iets fout met Lamaine se oog wat eers tydens die operasie bepaal sal kan word. Tydens die vorige operasies is ook die spier in haar ooglid verkort omdat haar ogie gehang het.

Die koste vir die operasie beloop reeds sowat R23 000, sonder die narkotiseur se rekening en die kostes van medikasie en oogdruppels wat sy ná die operasie sal benodig.

Belangstellendes wat die gesin wil help om geld in te samel vir die operasie, of worsrolle wil bestel, kan die Back-A-Buddy webwerf besoek by https://www.backabuddy.co.za/campaign/lamaines-sight-fund of vir Botha skakel by 076 563 0249.



LEES OOK: Motorist injured in serious accident on N17 between Trichardt and Bethal Toll Gate

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button