Local newsLocal sportNews

Paartjie van Secunda vaar goed in Spanje

Natasha van der Walt lei Suid-Afrikaanse span en haar man, Juan, neem deel.

Die egpaar Juan (45) en Natasha van der Walt (42) het behoorlik uitgeblink by die International Fitness and Bodybuilding Federation (IFBB) wêreldkampioenskap in Spanje.

Natasha het as bestuurder van die Suid-Afrikaanse span, wat uit 29 atlete en hul ondersteuners bestaan het, op 13 November na Spanje vertrek.

Sy moes sekermaak dat alles glad verloop vir die 41 Suid-Afrikaners wat na Spanje gereis het. Juan was in 2018, 2022 en verlede jaar die spanbestuurder en het verlede jaar en vanjaar ook deelgeneem aan die wêreldkampioenskap in Santa Susanna in Spanje.

Hy het tweede in die gemengde meesterspare goue afdeling geëindig, vyfde in die meesters mans enkel goue afdeling en sewende in die gemengde pare silwer, asook die meesters mans enkels silwer afdelings.


man with SA flag
Juan van der Walt met die Suid-Afrikaanse vlag toe hy in November aan die International Fitness and Bodybuilding Federation (IFBB) wêreldkampioenskap in Spanje deelgeneem het. Foto: Verskaf.

Beide Juan en Natasha is al jare by fiksheid en liggaamsbou betrokke en het hul nasionale kleure vir liggaamsbou in 2018 verwerf.
Die paartjie is al 21 jaar getroud en het twee dogters wat onderskeidelik 16 en 19 jaar oud is.

Natasha was 30 toe sy begin het om aan liggaamsbou- en fiksheidskompetisies deel te neem en Juan het verlede jaar begin deelneem.

Beide is egter reeds vanaf 2013 deel van die IFBB Mpumalanga komitee. Natasha het in 2014 begin om as beoordelaar vir IFBB op te tree en het in 2025 as nasionale beoordelaar gekwalifiseer.

Haar volgende doelwit is om as internasionale beoordelaar te kwalifiseer. Sy was in 2018 en 2019 gekies om op die IFBB wêreldverhoog in Pole te werk. Sy vul ook die rol as hoofbeoordelaar van IFBB Mpumalanga, terwyl Juan as voorsitter dien.


LEES OOK: Standerton’s crime fighters come out tops at awards


“Ons het ’n groot liefde vir die sport en vir atlete,” het Natasha gesê.

Juan wil volgende jaar weer aan die wêreldkampioenskap deelneem. Hy oefen daagliks by Grip & Rip gimnasium en speel graag saam met die egpaar se twee dogters aksienetbal om fiks te bly.

Natasha oefen tans nie weens haar gesondheid, maar sy wil volgende jaar stadig weer begin oefen. Hul twee dogters is ook lief vir sport en albei speel netbal.

Die oudste een, Tuané, is gekies vir die binneshuise Suid-Afrikaanse aksie-netbalspan en gaan volgende jaar aan die wêreldbeker deelneem. Die jongste, Sumi, speel ook binneshuise aksie-netbal en skolenetbal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button