ATKV gee erkenning aan sakeman van Secunda
Basement Teater bevorder taal en kultuur op Secunda.
Die ATKV Kosmosrand-tak het op 5 Februarie die Klop op die Skouer-toekenning aan Johan Rosslee, sakeman en eienaar van die Basement Teater, oorhandig.
Tracey van Wyk, voorsitter van die Kosmosrand-tak, het gesê Rosslee het iets in Secunda laat plaasvind wat ’n wonderlike atmosfeer skep.
“Dit is vir ons ’n voorreg om erkenning te gee aan ’n man wie se visie, geloof en deursettingsvermoeë ’n blywende merk in ons gemeenskap gelaat het,” het Van Wyk gesê.
“Hy het nie strukture gebou nie, maar ruimtes geskep waar mense kan saamkom, stories kan deel en kuns kan beleef. Wat begin het as ’n droom, het deur sy volharding gegroei tot die opening van die Basement Teater en die eerste Umuzi Kunstefees.”
Die toekenning wat Rosslee ontvang het, is vir uitnemende bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur in Secunda.
Annemarie Alberts, die ATKV-streeksbestuurder vir Gauteng en Mpumalanga, het ook die geleentheid bygewoon en ’n toekenning van uitnemendheid aan Van Wyk oorhandig.
Van Wyk is erken vir al haar projekte en harde werk met projekte en as voorsitter van die ATKV Kosmosrand-tak. Vir meer inligting of om by die ATKV Kosmosrand-tak aan te sluit, skakel Van Wyk by 074 103 6381.
ALSO READ: Bekroonde digter en liedjieskrywer van Bethal gee haar woorde vlerke
ALSO READ: Dra Mekaar members return for monthly social gathering in Secunda




