Umuzi Teater op Secunda huisves goeie produksies
Kunstefees vind in September vanjaar plaas.
Sedert die destydse Basement Theatre by Lake Umuzi in 2024 opgeknap en herdoop is tot die Umuzi Teater, is verskeie hoëgehalte-musiekproduksies en vertonings daar aangebied.
Die eienaar, Johan Rosslee, het besef daar is ’n behoefte aan kuns in Secunda en het destyds besluit om dié teater op te knap.
Die Umuzi Teater beskik oor 387 sitplekke en die nuutste tegnologie om vir hoëgehalte-produksies voorsiening te maak.
Die teater kan vir enige geleentheid bespreek word, en die Umuzi Kunstefees wat in September vanjaar plaasvind, sal ook daar aangebied word.

ALSO READ: VLU-vroue ontvang pryse by Hoëveld Streekkonferensie op Evander
ALSO READ: Family accuses police of brutality during a search of a school in eMbalenhle


