Local newsNews

Stappers spring weg met Ligdraer-projek op Secunda

Vanjaar word daar geld vir ’n kinderhuis by Adullam Sendingstasie ingesamel.

SECUNDA – Die Ligdraer-projek het vanoggend 06:00 by die eendedam afgeskop met ’n groepie stappers wat die twee broers, Hendrik en Johan Keyser ondersteun.

Die groepie het vanoggend saam met die broers die eerste 3km gestap.

Belangstellendes kan dié week, tot Vrydag (20 Maart) elke oggend saam met die broers om 06:00 by die eendedammetjie gaan stap. Dan stap die broers verder om 30km voor 12:00 klaar te maak.

Vanjaar se geld wat ingesamel gaan word met die Ligdraer-projek, gaan gebruik word om ’n kinderhuis later vanjaar by Adullam Sendingstasie en Skool, wat tussen Evander en eMbalenhle geleë is, oop te maak.

Die SAVF en Tree-Seeds Foundation, neem hande om dié projek die lig te laat sien. Die organiseerders benodig steeds skoolklere, skoolskoene, skryfbehoeftes, boeke, nuwe gordyne, linne en beddegoed om die kinderhuis oop te maak.

As jy dié projek wil ondersteun, betrokke wil raak, of saam wil stap, skakel Liné de Vries van Tree-Seeds Foundation by 082 786 0134.

As jy ’n betaling wil maak, gebruik die volgende bankrekening:

  • Tree Seeds, FNB, rekeningnommer: 6311 9911 435, takkode: 250655, verwysing: Ligdraerprojek2026.
  • Tree Seeds kan ook Artikel 18A-sertifikate uitreik aan ondernemings wat skenkings wil maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button