Die Volkskool op Bethal en AfriForum het hande geneem om dié skool se ingang vanaf die pad tussen Bethal en Kriel op te knap. Faan Beeslaar, hoof van die Volkskool, het gesê hulle beleid is om nie net te kla nie, maar om iets aan die probleem te doen.
Die personeel van die Volkskool het AfriForum genader vir hulp omdat die ingang van Kriel se kant af, soos ’n rommelhoop gelyk het.
Die gras is spoedig gesny, naamborde is opgesit en bietjie verf het reeds ’n groot verskil aan die Volkskool se ingang gemaak. Jim van Tonder skool, wat net oorkant die ingang van die Volkskool is, se personeel, het ook nie geskroom om by dié projek betrokke te raak nie.
Hulle het gehelp om kleurvolle buitebande asook plante by die ingang aan te bring.
Volgens Beeslaar is hul volgende projek om die Bethal naambord te verf en op te knap.
Hy het die gemeenskap vir hul hulp en ondersteuning bedank.
LEES OOK: Fighting crime is lifelong mission of eMbalenhle detective
LEES OOK: Community halls in Standerton are falling apart



