Van die vrywilligers wat weekliks tyd met die baba's by die SAVF Babahuis bestee. Voor: Pearl Basson, Cornél Eggberry, Tracy Machave, Liné de Vries en Adri Kirsten.Agter: Lenie Pretorius. Foto: Jana Oosthuizen.
’n Groep vroue besoek weekliks die SAVF Babahuis as vrywilligers om die babas en peuters te masseer en stimuleer. Dit help met die kleingoed se ontwikkeling. Pearl Basson van Top Tots is aan die stuur van dié inisiatief.
Liné de Vries, wie ook as vrywilliger by die babahuis betrokke is, het gesê hulle kan doen met die hulp van professionele mense wat bereid is om ’n uur in hul week op te offer.
“Ons kort die hulp van ’n fisioterapeut, veral in die aande, as baie van die babas begin hoes, om hul longe uit te klop,” het de Vries gesê.
Enige fisioterapeute, biokinetikuste, arbeidsterapeute of chiropraktisyne wat betrokke wil raak kan de Vries by 082 786 0134 skakel. Die babahuis het ook ’n behoefte vir matte, ’n nuwe sitkamerbank, ’n boekrak en speelkampies.
Die babas doen ook elke week ’n kunswerk as die vrywilligers kom kuier. Foto: Jana Oosthuizen.
Tracy Machave and Cornél Eggberry speel met die babas. Foto: Jana Oosthuizen.
Pearl Basson wys vir die vrywilligers, Tracy Machave, Cornél Eggberry en Liné de Vries, hoe om die babas se beentjies te masseer. Foto: Jana Oosthuizen.
Pearl Basson verf een van die babas se voete terwyl Adri Kirsten die kleinding vashou. Foto: Jana Oosthuizen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.