Local newsNewsSchools

Moe Poe Dag plaas Kalie de Haas op die kaart op Standerton

Die “Voortrekkers” se pot het hier die kroon gevat.

Laerskool Kalie de Haas se Moe Poe Dag het vir groot pret, lekker potjiekos, bekende gesigte en natuurlik, groot pryse gesorg. Dié dag is gehou om die skool se koffers te versterk. ’n Perd, in plaas van ’n koei is gebruik om die wen-blok te “merk”.

Die eerte mis het op Louis Bester se stukkie aarde op die skool se rugbyveld geval, wat vir hom ’n stewige prys van R30 000 besorg het.

Die Flavour Queens het die tweede prys van R5 000 gewen, Peet Blignaut se derde plek het vir hom R2 500 in die sak geplaas, Angelica Louw het R1 500 gewen en Devin de Villiers R1 000.

Groot kompetisie het onder die potjiekosspanne geheers terwyl hulle gekook het om die guns van die beoordelaars te wen.

Karen Els, die wenner van Kokkedoor se 2023 Vuur en Vlam-seisoen en ook ’n top 10 finalis van die MasterChef SA werklikheidsprogram, was een van die beoordelaars.

Die “Voortrekkers” se pot het hier die kroon gevat.

Incredible Mommies was die naaswenners en Wyk 10 Wineklub het die derde plek ingepalm.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button