Local newsSchools

Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte op Secunda vind plaas

Spesiale gaste kan plek bespreek vir gala-aand.

Marietjie Skool se Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte skop vanjaar met ’n nuwe tema, Mark met Hart, af.

Dié mark vind vanaf 24 to 28 September by Marietjie Skool plaas en markgangers kan vanaf 09:00 tot 19:00 die mark besoek.

Vir spesiale gaste is daar op Vrydag, 23 September ’n gala-aand en mense wat dit bywoon, gaan dan ook die kans kry om heel eerste deur die mark te loop.

Kaartjies vir die gala-aand is steeds beskikbaar teen R250 per persoon.

Wyn en kaas by verskillende punte by die mark, gaan by die gala-aand bedien word.

Die mark sal vanjaar spog met bykans 100 stalletjies en gourmet-kosstalletjies.

Van dié uitstallers sluit in RocoMamas, Eskort, Sea Harvest, GrubHouse Bar & Grill, PorkWorX en RM Curry Den.

Die mark gaan vanjaar omskep word in ’n Franse Kafee waar markgangers kan sit en eet of wegneemetes bestel.

Van die ander kossoorte of lekkernye wat markgangers kan verwag, sluit in waffels, spookasem, aarbeie en room, ‘gourmet’-draai roomys, hamburgers, nachos, vegetariëse kossoorte en seekos.

Ander items wat by die mark te koop sal wees, sluit in kuns, koeke, speelgoed, mampoer, hout-produkte, juwele, koffiebone, kombuisprodukte, tee-produkte, mansgeskenke, leer-produkte, badbederfies, baba-dékor, baba- en kinderklere, skoene, rame, tuingereedskap- en tuindékor, souse, konfyte, beskuit, fudge, sjokolade, naaldwerk, neute, droë vrugte, soet bederfies, makrolle (macarons), gesogte geskenke, keramiekbeelde, vellies, serpe, krale, oorbelle, klei-beelde, kosmetiese produkte, tafeldoeke, borduurwerk, opvoedkundige speelgoed en spa-produkte.
Vir meer inligting, of om jou plek vir die gala-aand te bespreek, skakel die skoolkantoor by 017 631 1474.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button