Local newsStreeknuus

Passievolle tuinier op Eloff loop onder diewe deur

Moulder is ’n kranige tuinier, in so ’n mate dat hy ook ander inwoners se sypaadjies mooimaak en opknap deur dit met plantjies, blomme en selfs bome te verfraai.

Om tuin te maak en ander inwoners se sypaadjies te verfraai is ’n passie vir Eloff-inwoner, George Moulder.

Moulder is in die gemeenskap bekend as die oud-posmeester van Delmas.

“Moulder is ’n kranige tuinier, in so ’n mate dat hy ook ander inwoners se sypaadjies mooimaak en opknap deur dit met plantjies, blomme en selfs bome te verfraai,” het sy vriend, André Gildenhuys gesê.

Met groot teleurstelling en skok het Moulder egter die afgelope week ontdek dat daar ’n plantdief en vandalis doenig was.

“Elke oggend was daar plantjies en selfs van die bome uitgeruk,” het Moulder laat hoor.

“Ek het ’n sterk vermoede oor wie vir die diefstal verantwoordelik kan wees. Dit maak my moedeloos as jy graag jou omgewing wil mooi maak en mense kom goedsmoeds oornag en verwoes jou handewerk en passie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button