Local newsLocal sportStreeknuus

Cullinan se rugbyseisoen skop af

Die spanne se eerste kragmeting was in ’n vriendskaplike wedstryd teen Loskop.

Cullinan Rugbyklub het op 11 Februarie hul eerste vriendskaplike westryde teen Loskop Rugbyklub gemaklik gewen.

“Dié ontmoeting is ’n jaarlikse instelling wat altyd klipharde rugby oplewer,” het die afrigter, André van der Merwe vertel.

Die tweede span wedstryd was naelbyt met die spelers van Limpopo wat eerste punte aangeteken het deur ’n drie te druk.

Cullinan het hard terugbaklei en uiteindelik het die binnesenter, Rick Watkins, met vier strafdoele geslaag om Cullinan met ’n eindtelling van 12–5 in die voortou te plaas.

Die eerste spanne het vanaf die beginfluitjie teen ’n vinnige pas gespeel.

Loskop het hier ook die eerste punte aangeteken, maar weereens het Cullinan koelkop gebly en hulself terug in die eerste plek geplaas.

Die linkervleuel, Donavan van Rooyen, het twee drieë gedruk, terwyl die regtervleuel, Reuben Behrens met drie strafdoele en twee verdoellings geslaag het.

Die eindtelling was 23-12 in Cullinan se guns.

“Ons fiksheid is vanjaar besonders goed danksy Cailin de Bruyn, ons eie biokenetikus,” het Van der Merwe gespog.

”Die klub is op ’n goeie plek. Met nog harde werk en geloof in mekaar hoop ons om ’n goeie seisoen te hê.”

Cullinan meet op 18 Februarie by hul tuisveld kragte met Delmas en die Silwer Valke.

Die wedstryd tussen Cullinan se tweede span en Delmas se eerste span skop om 14:45 af. Die eerste span pak om 16:00 die Silwer Valke 1.

Cullinan kom op 25 February teen KD te staan. Die tweede spanne wedstryd begin om 14:45 en die eerste spanne skop om 16:00 af.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button