Klipharde rugby en netbal by Laerskool Delmas gespeel
Die skole het in rugby en netbal gespeel.
Laerskool Delmas en Laerskool Kanonkop van Middelburg het mekaar die stryd op die rugbyveld en netbalbane aangesê.
Die wedstryde het op 2 Maart by Laerskool Delmas plaasgevind.
Klipharde rugby was gespeel en die uitslae is:
• Delmas se o9-span verloor met 19-0 teen Kanonkop.
• Delmas se o11-spannetjie kon ook geen punte aanteken nie, terwyl Kanonkop 50 punte op die telbord geplaas het.
• Delmas se tweedespan het 17-7 verloor.
• Die eerstespanne het gelykop met 15 punte elk gespeel.
Die netbaluitslae het as volg daar uitgesien:
• o9A Kanonkop 10, Delmas drie.
• o9B Kanonkop agt, Delmas nul.
• o10A gelykop drie elk.
• o10B Kanonkop sewe, Delmas vier.
• o11A Kanonkop 24, Delmas ses.
• o11B Kanonkop 23, Delmas ses.
• o12A Delmas 10, Kanonkop sewe.
• o12B Kanonkop 22, Delmas vier.
• o13A Kanonkop 32, Delmas 21.
• o13B Delmas 15, Kanonkop agt.



