Local newsStreeknuus

Hervormde Kerk se lidmate vul slaggate in Delmas se hoofstraat

Sommige van die slaggate naby die ingang na die kerk sowel as die Sasol vulstasie aan die oorkant van die pad is opgevul.

Enorme slaggate het die Sarel Cillierstraat-ingang na Delmas vanaf die R50 byna heeltemal ontoeganklik vir verkeer gemaak.

Dié pad word gekenmerk aan hewige verkeer wat ook swaar voertuie insluit.

Die Hervormde Kerk is in dié straat geleë en die gemeente het besluit om die taak van die herstel van sommige van die slaggate naby die ingang na die kerk sowel as die Sasol vulstasie aan die oorkant van die pad aan te pak.

Vroegoggend op 5 April het gemeentelede en medewerkers ingespring om met die taak begin.

Die span het teen 15:30 opgepak nadat 100 sakkies teer gebruik was om sowat 40 slaggate te vul.

Doktor Martin van Rensburg, predikant van die Hervormde Kerk op Delmas het elkeen bedank wat bygedra het tot die dag se sukses.

“Dankie vir elkeen se insette, die hulp met toerusting en arbeid. Dit word opreg waardeer.”




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button