54 hengelaars vang 368 vis by Grootdraaidam op Standerton
Ty Mortlock het die juniorafdeling gewen met 10 vis van 5.540kg, gevolg deur Ruan van Zyl met vyf vis van 2.440kg en George Tereblanch met vier vis van 2.020kg.
Altesaam 54 hengelaars, ses besoekers ingesluit, het onlangs by Grootdraaidam 368 vis, met ’n gewig van 222.040kg vasgekap.
Die vis van die dag het aan die swaarste sak babers gegaan. Meyerville Hengelklub se maandkompetisies gaan volstoom aan.
Dugie Douglas was onoorwonne in die meestersafdeling met 25 vis van 14.000kg, gevolg deur Peet Erasmus met 12 vis van 10.820kg en Johan Kruger met nege vis van 8.000kg.
Erasmus het die vis van die dag inkatrol.
ALSO CHECK: 55 hengelaars vang 314 vis by Grootdraaidam
Richard Hills het in die seniorafdeling geseëvier met 32 vis van 22.360kg, terwyl Peter Munro tweede was met 29 vis van 16.960kg en René Fourie derde met 17 vis van 11.540kg.
Danny Bosman het die vis van die dag aan wal gebring.
Ilene Schonken het die voortou in die vroue-afdeling geneem met 19 vis van 9.540kg, gevolg deur Marianne Erasmus met agt vis van 6.280kg en Louisa Nel met ses vis van 3.080g.
Schonken het die vis van die dag ingeweeg.
ALSO CHECK: 64 hengelaars vang 708 vis by Grootdraaidam buite Standerton
Ty Mortlock het die juniorafdeling gewen met 10 vis van 5.540kg, gevolg deur Ruan van Zyl met vyf vis van 2.440kg en George Tereblanch met vier vis van 2.020kg.
Ty het die vis van die dag vasgekap.
Sion Nel was eerste in die penkopafdeling met sewe vis van 3.320kg, gevolg deur Ricardo van Wyngaard met vier vis van 2.380kg en Inge van Wyngaard met drie vis van 1.460kg.
Inge het die vis van die dag gevang.



