Local newsMandela DayStreeknuus

Knights kuier by SA Cares op Cullinan

SA Cares bied op 23 Julie ’n spesiale dag aan om geld vir die bou van ’n skoolgebou in te samel.

SA Cares 4 Life op Cullinan het op Mandeladag ’n besoek van die Toyota Menlyn South Africa se Knights ontvang.

Die Knights het hulle gaan vergewis oor die uitreikwerk wat die sentrum in die gemeenskap doen.

Hulle wou sien hoe elke departement werk met ’n demonstrasie, en het ook tyd met die kinders wat hier versorg word, bestee.

Toyota Knights het speletjies met die kinders gespeel asook die kinders se gesigte geverf. Komberse en handskoene is aan die kinders geskenk om hulle deur die koue winter te sien.


The Toyota Knights wat die SA Cares sentrum op Cullinan besoek het.

SA Cares bied op 23 Julie ’n spesiale dag aan om geld vir die bou van ’n skoolgebou in te samel. Die kinders gaan tans in skeepvraghouers skool.

Die hele gemeenskap word genooi om die dag saam met SA Cares deur te bring. Die liefdadigheidswinkel gaan goedere soos klere, beddegoed, boeke, kinder- en babaklere en kombuisware te koop aanbied.

Koffie uit hul winkel en verskeie kossoorte sal te koop wees. Troebadoere sal ook die dag optree.

Vir meer inligting, kontak Michael Joubert op 072 594 3998.



LEES OOK: Hoëveld-leerders presteer by Bokkieweek

LEES OOK: AfriForum soek antwoorde vanaf GMM en Rand Water

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button