Local news

Standerton se Klipkerk hou gesellige funksie vir senior burgers

Ds. De Beer het uit Spreuke 3:13 voorgelees en ’n kort boodskap oor Salomo se siening van wysheid gelewer.

Die NG Moedergemeente het op 25 Oktober vir senior burgers ’n geleentheid in die kerksaal aangebied.

Die tafels was keurig met ’n verskeidenheid van lekkernye en peuselhappies, gedek met blomerangskikkings.
Inwoners het plaasgeneem by die tafel en geselskap tussen die bejaardes het gevloei.

Ds Wihahn de Beer, Klipkerk se leraar, het die verwelkoming gedoen en verwys na die ’wyses’ in die gemeenskap en die impak wat hulle op jonger geslagte gemaak het.

Arina Taylor en Jenny Viljoen is bedank vir die harde werk. De Beer het uit Spreuke 3:13 voorgelees en ’n kort boodskap oor Salomo se siening van wysheid gelewer.

“Om die Here te dien, is wysheid,” lui die teksvers.

Hy het gesê wysheid by die aanwesiges bestaan. Hy het hom daarna verskoon om preekvoorbereiding te gaan doen.

Sakkie Zwartz het vir ’n tikkie humor gesorg oor die aantal vroue teenoor mans teenwoordig en hom namens die aanwesiges bedank.

Ceska van Huyssteen van die kerkkantoor het ook vir ’n bietjie vermaak gesorg deur ’n gedig voor te lees.

Die kerk sou graag meer bejaardes wil betrek by sulke geleenthede en Van Huyssteen het aanwesiges gevra om aan ’n gepaste naam te dink.


LEES OOK: Market in Standerton raises money for Chosen Independent Studies

LEES OOK: Groot aantal besoekers daag op by Kuier-en Proefees op Standerton




Follow Us: Ridge TimesStandertonStreeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button