Mense geniet Rondefees by kerk op Secunda
Dominee bedank almal wat help om fees ’n sukses te maak.
Die Rondekerk se jaarlikse Rondefees het op 28 Oktober by die kerk plaasgevind met vermaak vir oud en jonk.
Ds Henry Stopforth van dié kerk, het gesê die samesyn en feestelikheid van die Rondefees simboliseer wie en wat die Rondekerk is.
“Ons is ’n geloofsfamilie wat ons geloof en redding vier,” het Stopforth gesê.
“Dit is vir ons lekker om mekaar te sien, om saam te kom en die lewe te deel, goed en sleg.
“Ons visie is dat elke mens Jesus sal ontmoet, liefhê en ken en ons wil ook vir mense wys dat ‘kerk’, eredienste en geloof lekker kan wees.”
Hy het almal wat gehelp het en dié fees ondersteun het, bedank.
ALSO READ: First timer takes the lead at the Standerton parkrun
ALSO READ: Secunda-gemeenskap ondersteun stap vir kankerbewusmaking




