CrimeLocal newsStreeknuus

Vrou wat man glo doodry se saak is na streekhof oorgeplaas

Die moordklag volg nadat Samantha Gauche (36) na bewering op 30 September drie keer met haar voertuig oor Janse van Rensburg gery het.

Die vrou wat van die moord op Leon Janse van Rensburg aangekla is, het op 13 Maart weer vlugtig in die Delmas Landdroshof verskyn.

Die aanklag volg nadat Samantha Gauche (36), wat by die Janse van Rensburg-egpaar op Modder-Oos Boorde woonagtig was ten tye van sy dood, na bewering op 30 September drie keer met haar voertuig oor Janse van Rensburg (50) gery het.

Janse van Rensburg is op die toneel dood verklaar.

Gauche ontken egter dat sy vir Janse van Rensburg se dood verantwoordelik is en pleit onskuldig op die aanklag van moord.

Gauche wat tans op borg is, het vriendelik en sorgvry voorgekom en die hofgebou vol selfvertroue verlaat.

Die saak is na die Delmas Streekhof oorgeplaas en Gauche moet weer op 24 Mei in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button