Rinus Fourie van Standerton sukkel om sy seun se dood te verwerk
Rinus het ook reeds ’n prokureur op Standerton gaan sien nadat Skhosana op borgtog van R1 500 vrygelaat is.
Mario Iyapian en Zodwa Patricia Molebatsi was die slagoffers van ’n tref-en-trap-ongeluk in Walter Sisulurylaan op 4 Februarie.
Volgens Rinus Fourie, die vader van Mario, het dit omstreeks 01:00 gebeur terwyl die twee op pad huis toe was.
Mario was 18 en Zodwa, ’n ma van vier kinders, 34. Albei het aan hul wonde beswyk.
“My seun het maklik vriende gemaak en was vlot in Zoeloe,” het Rinus gesê.
“Hy het haar moontlik huis toe vergesel.”
Die bestuurder van die voertuig, ’n amptenaar van die Lekwa Munisipaliteit, het van die toneel weggejaag en sy nommerplaat het op die grond geval.

Clement Skhosana het volgens Rinus, die oggend teen 06:00, saam met sy suster, by die Standerton Polisie opgedaag. Volgens Rinus, is sy ’n prokureur.
Rinus het ook reeds ’n prokureur op Standerton gaan sien nadat Skhosana op borgtog van R1 500 vrygelaat is.
Hy was nie aan diens nie en het in sy privaat voertuig gery.
“Ek het in die hof gevra dat borgtog nie toegestaan word nie,” het Rinus ook gesê.
Die verdagte het met hom in verbinding op 15 Maart getree en wou hom sien. Rinus was nie daartoe geneë nie.
Hy het ook op 12 Maart sy opwagting by die Lekwa Munisipaliteit gemaak om sy saak te gaan stel.
Die hofsaak was in Standerton Landdroshof en is na 26 Maart uitgestel. Skhosana staan tereg op strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.
ALSO READ: Man agter tralies vir beweerde moord op ‘n plaas in Delmas-omgewing
Verdere ondersoek sal ingestel word. Rinus beplan ’n protesaksie voor die hofgebou en moedig mense aan om teen 07:00 by die hek te wees.
“Ek kan nie slaap nie,” het die bedroefde pa afgesluit. Die gemis bly baie erg.”
Die Standerton Advertiser het op 19 Maart met die munisipale woordvoerder, Lubabalo Majenge in verbinding getree vir kommentaar oor die aangeleentheid.
Volgens inligting vanuit ’n ander bron, het die munisipaliteit aangedui dat hulle bewus is van die voorval.
Lekwa het gesê dat die betrokke amptenaar in ’n privaatvoertuig die naweek gery en na die toneel, volgens bewering, teruggekeer het.
Die munisipaliteit het bygevoeg dat dit ’n privaataangeleentheid is en wou nie verdere kommentaar lewer nie.
ALSO READ: Sinvolle skermtyd onder bespreking tydens Delmas VLU-vergadering



