Twee mans wat tereg staan op aanklagtes van bedrog en diefstal het op 22 Maart weer in die landroshof op Secunda verskyn.
Zane Calitz en Christo Boshoff is op 18 Februarie in hegtenis geneem nadat hulle glo geld ontvang het om sonpanele op te sit en dan nie die werk gedoen het nie.
Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle.
Buiten hul hofverskyning op Secunda, moes hulle ook in die howe op Bethal en Kriel verskyn. Hul saak by die landdroshof op Secunda is uitgestel na 3 Mei.
ALSO READ: Twee mans van Secunda vas vir bedrog met sonpanele
ALSO READ: Unveiling the artistic odyssey of Hardus Koekemoer: From collector to curator




