Local news

Sjarmante Karel en Stompie van Standerton kruip diep in harte

Om Karel Kat nie in die kantoor toe te sluit nie, is ’n uitdaging siende allerlei maneuvers gebruik word om binne te bly.

Karel Kat oorrompel menige in Burgerstraat met sy houding om homself net tuis te maak en by ’n oop deur in te wriemel.

Hy is min gespin oor die koerante wat afgelewer word en stap die hele kantoor vol, loer by die kluis in en ook in die yskas, terwyl naels somtyds skerpgemaak word by die naaste, geleë voorwerp.

Hy drink melk en vreet kos, terwyl, Stompie, die afbeenkatjie wat ook opdaag, dopgehou word. Sy vind soms skuiling in die gebou langsaan waarvan die plafon opgesit moet word.

Stompie weier ook om uit ’n pierinkie te vreet.

Om Karel Kat nie in die kantoor toe te sluit nie, is ’n uitdaging siende allerlei maneuvers gebruik word om binne te bly.

Hy beweeg weswaarts na ’n onderneming en maak hom ook tuis in die werkswinkel en werknemers daar het hom ‘Boy’ gedoop.

Sy brood is aan albei kante gebotter.


Related Articles

 
Back to top button