Local newsStreeknuus

Protea Cullifest ’n dag om te onthou

Die jaar se Protea Cullifest was 'n groot fees vir die mense wat bygewoon het.

Besoekers het by die 22ste Protea Cullifest wat van 27 tot 28 April op Cullinan gehou is, ingestroom.

Daar was meer as 10 000 feesgangers oor dié drie dae. Met 130 stalletjies op die NG Kerk se feesterrein, was daar ’n verskeidenheid om te kies en keur.

Inwoners het ’n uitsig na hordes proteas gehad, selfs die koning wit, koning rooi en koning pienk proteas is ten toon gestel.

Die biertuin en wyntuin in die markiestent het gehelp om feesgangers se dors te les. Groot name in die musiekbedryf het gesorg vir ’n vol program van vermaak.

Kunstenaars soos Heidi, Skemer, Reborne, Charlize Berg, Ruan Josh, Nicholis Louw, Renaldo, Pieter Smit, Van West, Bernice West en Ruhan du Toit het die verhoog aan die brand gesing.

Die behoefte vir samekoms in Cullinan was sigbaar en uitstallers het uitgehaal en gewys met unieke produkte en iets vir die oog.

Die fees het besoekers van so ver as Alberton, Evander, Rustenburg, Modimolle en nog baie ander plekke gehad en die fees het nie teleurgestel nie.


Related Articles

 
Back to top button