Local newsSchoolsStreeknuus

Dellies se landsdieners leer K9’s ken

Die span van K9 Unit het eerstens aan die landsdieners die belangrikheid van goeie sorg vir jou toeteldiere verduidelik – waarvan liefde, kos en water die belangrikste is.

Die landsdiensleerders van Laerskool Delmas kon op 26 April eerstehands met die honde van K9 Unit wat op Eloff gebaseer is kennis maak.

Die span van K9 Unit het eerstens aan die landsdieners die belangrikheid van goeie sorg vir jou toeteldiere verduidelik – waarvan liefde, kos en water die belangrikste is.

Daar was ook verduidelik dat die spoorsnyhonde reeds van ’n baie jong ouderdom af aan opleiding blootgestel word om sodoende te verseker dat wanneer hulle in die veld ingespan word, hulle ten volle opgelei is om hul werk te doen.

Die hoofdoel van die honde sou dan wees om verdagtes se spoor te volg en hulle vas te trek. Die honde word ook saam met hul hanteerders gebruik om voornemende diewe op byvoorbeeld mielieplase af te skrik.

As deel van die landsdiensleerders se les van die week het die werkshonde vir die jong klomp op die rugbyveld by die skool met spoorsny-, soek- en vangtegnieke vermaak.

Die honde se gehoorsaamheid en reaksie op bevele van hul hanteerders is ook vir die jong klomp verduidelik.

Daarna was dit tyd vir die praktiese demonstrasies en kon die landsdieners eerstehands beleef hoedat die honde in die praktyk werk.


Related Articles

 
Back to top button