CrimeLocal news

Twee verskyn weer in hof op Evander

Hof stel saak uit na 20 Junie.

EVANDER – Die twee mans, Zane Calitz en Christo Boshoff wat tereg staan op aanklagtes van bedrog en diefstal, het op 9 Mei weer in die landroshof op Evander verskyn.

Dit kom nadat dié twee mans op 18 Februarie vanjaar in hegtenis geneem is nadat hulle glo geld ontvang het om sonpanele vir mense op te sit en nie die werk gedoen het nie of die geld terugbetaal het nie.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle. Buiten hul hofverskyning op Evander, moes hulle ook in die howe op Bethal en Kriel verskyn.

Hul saak by die landroshof op Evander is na 20 Junie uitgestel en op 21 Junie verskyn hulle weer in die landroshof op Secunda.

Die twee is steeds in aanhouding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button