Local news
Bejaardes in Sakhile is dankbaar vir sopbene
Lindiwe Avontuur verkondig die Evangelie terwyl sy oumense help.
Lindiwe Avontuur en Venessa van Rooyen het op 3 Februarie weer minder bevoorregtes in die gemeenskap gehelp.
Volgens Avontuur het talle bejaardes van die Sakhile gemeenskap bymekaargekom om sopbene by haar af te haal.
Terwyl Avontuur die sopbene uitgedeel het, het sy bejaardes meer oor die Here geleer.
“Dit is belangrik dat ons as gemeenskap saamstaan en mekaar help in die moeilikste tye,” het Avontuur gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



