Local newsLocal sport

Du Plessis-gesin van Secunda blink uit in sport

Twee tieners ryg medales in op die fietsrybaan.

Broer en suster, Brand (15) en Lu-Mari (17) du Plessis is albei uitblinkers op die atletiekveld en op hul fietse. Die twee se ouers, Brand en Wilmarie du Plessis, is ook lief vir sport en ry graag fiets of draf. Kleinsus Ennike (12) ry ook fiets wanneer die atletiekseisoen verby is, maar fokus tans op atletiek en landloop.

Brand (junior) en Lu-Mari het vir opeenvolgende jare gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskap, asook die Suid-Afrikaanse klubkampioenskap in atletiek, deel te neem.

Lu-Mari het verlede jaar by die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekbyeenkoms ’n goue medalje gewen en vierde by die Suid-Afrikaanse klubatletiekbyeenkoms geëindig. Op die landloopveld het sy ook uitgeblink en vir Hoërskool Secunda deelgeneem.

Op haar fiets het Lu-Mari verlede jaar skoonskip gemaak en die Suid-Afrikaanse fietsrykampioenskap gewen.


action photo of a boy on a mountain bike
Brand du Plessis in aksie op die fietsbaan. Foto: Werner Barnard.

Sy het ook tweede geëindig by die Afrika XCO-bergfietskampioenskap in Pietermaritzburg. Sy het verder die skolefietswedrenne, wat oor twee dae by Hoërskool Piet Retief plaasgevind het, gewen.

As sy tussen die sportsoorte moet kies, is bergfietsry haar gunsteling en wil sy voortaan meer daarop fokus. Haar doelwit vir 2026 is om soveel as moontlik wedrenne te wen en te kwalifiseer vir die Wêreldfietsrykampioenskap in Augustus in Italië.

Brand (junior) was net drie jaar oud toe hy begin fietsry het en laat hom nie deur sy sussie ore aansit wanneer hulle saam ry nie. Hy is effens vinniger op sy fiets as Lu-Mari en het verlede jaar die Afrika XCO-bergfietskampioenskap in sy ouderdomsgroep gewen.

Hy blink ook op die atletiekveld uit.


LEES OOK: Burglars steal food meant for feeding scheme at school in eMbalenhle


As o11- en o12-atleet het hy as die 1 200 m-wedloopkampioen by die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap geëindig, en as o13-atleet het hy die 1 500 m-titel verower. Albei wil eendag, wanneer hulle klaar is met skool, professionele fietsryers word.

“Die doelwit is om in Europa raakgesien te word en dan daar professioneel fiets te ry,” het Brand gesê.

Hy, Lu-Mari en hul pa oefen daagliks – dikwels twee keer per dag – op hul fietse, terwyl Ennike en Wilmarie gaan draf. Pa Brand neem steeds kompeterend deel, terwyl Wilmarie ondersteuning langs die roete bied.

“Ek het my beurt gehad om kompeterend deel te neem toe die kinders nog klein was. Nou is dit hulle beurt, en ek sorg vir water en eetgoed langs die pad,” het Wilmarie gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button