Local newsLocal sport

Vriende hou gholfdag op Evander om Martin Brown te onthou

Geld gaan aan drie plekke geskenk word.

Die Vrydag is My Dag-gholfdag, wat op 13 Maart ter nagedagtenis van die Secunda-sakeman, Martin Brown (33) gehou is, het ’n baan vol spelers gelok.

Brown is op 15 Oktober verlede jaar in ’n vliegongeluk dood is. Twee vriende van Brown, Dewaldt Stander en PW Nel het besluit om dié dag te reël en dan ook geld vir liefdadigheid in te samel.

Stander het gesê die dag was ’n reuse sukses met 120 gholfspelers wat deelgeneem het en sowat 80 toeskouers wat die dag saam met vriende en familie geniet het.

Stander en Nel het besluit om dié dag op ’n Vrydag te hou omdat Brown altyd gesê het: “Vrydag is My Dag” en dan graag saam met sy vriende by die gholfklub gekuier het.

Die geld wat tydens dié gholfdag ingesamel is, gaan aan die Janelle Huis en SAVF Huis asook New Hope geskenk word.

Volgens Stander sal dié dag nou ’n jaarlikse instelling word. Hy het al die borge en deelnemers vir die dag bedank.

Brown se familie het ook die dag bygewoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button