Local newsLocal sport

George Hofmeyr bied LSEN Interhoër-byeenkoms op Standerton aan

Die deelnemende skole was George Hofmeyr (Standerton), Vaalrivierskool (Standerton), Jim van Tonder (Bethal), WH de Klerk (Witbank), Platorand (Belfast), Bukhosibetfu (Komatipoort) en Ethokomala (Kinross).

Die interhoër vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes is op 25 Februarie deur Hoërskool George Hofmeyr op Standerton aangebied en het op die gronde van Hoërskool Standerton plaasgevind.

Die skole wat meegeding het, was George Hofmeyr (Standerton), Vaalrivierskool (Standerton), Jim van Tonder (Bethal), WH de Klerk (Witbank), Platorand (Belfast), Bukhosibetfu (Komatipoort) en Ethokomala (Kinross).

Die weer het baie mooi saamgespeel en die dag was perfek vir atletiek. Die dag se program het verloop volgens beplanning. Al die atlete het deelgeneem met ywer, vasberadenheid en volharding. Sportmangees het geseëvier.

Hoërskool George Hofmeyr se dogters het 21 goue medaljes, 19 silwer medaljes en 17 bronsmedaljes ingepalm en is aangewys as die dogterspan met die meeste medaljes.

Wonga Lakaje (o17) is as die senior Victrix Ludorum gekroon, en Sphesihle Ndebele (o19) is aangewys as die beste veldatleet. George Hofmeyr is ook aangewys as die wenner van die dogterspanne vir die dag.

Vier van hul dogters kwalifiseer ook om op 14 Maart aan die Mpumalanga-kampioenskappe in Secunda deel te neem.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button