CrimeLocal news

Motorfietsryers herstel bergfietsbaan op Secunda na jonges dit verniel

Twee tieners vra om verskoning.

Twee weldoeners en motorfietsryers, Theuns Venter en sy seun, Cornél Wolmarans, het goedhartelik op 24 Maart die bergfietsbaan, Central Park, weer opgeknap. Dit kom nadat twee tienerseuns op 22 Maart met hul vierwielmotorfietse op dié baan gery het en maande se harde werk, beplanning en geld, tot nuut laat gaan het.

Dié baan is in November verlede jaar amptelik oopgemaak en was die visie van lede van die Groenstrook Gabbas en verskeie ondernemings op Secunda. Ondernemings het destyds sand, doloriet en werkers verskaf om die droom ’n realiteit te maak.

Dié baan is net vir fietsryers en daar is by al die ingange na die groenstook naby Hoërskool Secunda, waar die baan geleë is, borde op wat lees dat geen motorfietse daar toegelaat word nie.

Nicolene Vere-Russell van die Groenstrook Gabbas, het foto’s van die twee tieners wat op hul motorfietse op die baan jaag, op die Groenstrook Gabbas se Facebook-blad geplaas.

Die volgende dag is vieslike vloekwoorde op die baan aangebring.


LEES OOK: Operation Shanela crime prevention activities in eMbalenhle render success


Een van die tienerseuns het vir ’n lid van die Groenstrook Gabbas ’n boodskap gestuur en om verskoning gevra. Hy het erken dat hy en ’n vriend op die baan gery het, maar gesê dat dit nie hulle was wat later die vloekwoorde op die baan gaan uitkrap het nie.

Vere-Russell het die polisie genader om ’n saak oop te maak en hulle het haar aanbeveel om die wettoepassingseenheid van Govan Mbeki Munisipaliteit te nader. Vier lede van dié eenheid het die toneel besoek en ondersoek tans die saak.

Venter en sy seun het besluit om te help om die baan weer reg te maak.

Vere-Russell het gesê nie alle motorfietsryers is kwaadwillig nie en hulle is dankbaar vir Venter en sy seun se hulp en inisiatief.


LEES OOK: Standerton-boorling en span ry met son-aangedrewe motorfiets van Nairobi tot Stellenbosch


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button