Local newsSchools

Jong rugbyspelers meet kragte op Bethal

Laerskool Marietjie van Niekerk bied rugby-reeks aan op Bethal.

Jong rugbyspelers het dit uitgespook op Hoërskool Hoogenhout se velde die afgelope naweek in die Toshiba Beker-reeks.

Onder die o9-spanne, was dit Standerton Primary School wat as die wenners weggestap het terwyl Laerskool Kalie de Haas tweede geëindig het en Laerskool Onverwacht derde.

Onder die o11-spanne was Laerskool Kalie de Haas as die wenners gekroon terwyl Laerskool Marietjie van Niekerk tweede geëindig het en Laerskool Hoëveld derde.


Two teams of young rugby players compete
Laerskool Kalie de Haas en Laerskool Marietjie van Niekerk se o11-rugbyspelers veg vir balbesit op 6 Junie tydens die Toshiba Beker-reeks by Hoërskool Hoogenhout op Bethal. Foto: Jana Oosthuizen.

Laerskool Hoëveld was die wenners onder die eerste rugbyspanne terwyl Laerskool Marietjie van Niekerk tweede geëindig het en Laerskool Kalie de Haas derde.

Dié wedstryde vorm deel van ’n reeks en na elke naweek se wedstryde word die spanne aangeskuif op die ranglys volgens hul punte.

Die ander skole wat deelgeneem het, is Laerskool Jeugkrag, Standerton Primary School, Carolina Akademise Skool en MD Coovadia Primary School.


Two teams of young rugby players compete
’n o11-rugbyspeler van Laerskool Kalie de Haas laat loop met die bal op 6 Junie tydens die Toshiba Beker-reeks by Hoërskool Hoogenhout op Bethal. Foto: Jana Oosthuizen.
Two teams of young rugby players compete
’n o11-rugbyspeler van Laerskool Kalie de Haas laat waai met die bal terwyl spelers van Laerskool Marietjie van Niekerk verdedig op 6 Junie tydens die Toshiba Beker-reeks by Hoërskool Hoogenhout op Bethal. Foto: Jana Oosthuizen.

LEES OOK: AGS Evander fundraiser draws golfers to Walker Park

LEES OOK: Halls recognises We Care founder as a Winter hero after years of keeping

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button