Local news

Dominators Den op Secunda bied weer manne-oggend aan

Mans is welkom om dié oggend op 18 Julie by te woon.

Sowat 40 mans het die manne-oggend by Dominators Den gemengde gevegskunsklub op 6 Junie bygewoon.

Die evangelis, Kobus Kruger, het die mans toegspreek en sy getuienis gedeel.

Kruger het tot bekering gekom ná hy ’n rowwe lewe gelei het, baie baklei het en tot twee pakkies sigarette daagliks gerook het.

“As die Here ’n stukkende ou soos ek kon optel en gebruik vir Sy werk, kan hy enige iemand se lewe omdraai,” het Kruger gesê.

Hy het vroeërjare professioneel rugby gespeel vir onder andere die Haaie, die Pumas, die Leeus en die Valke.

“Daardie leemte in ’n mens se hart, kan ’n mens net by die Here kry, nie in die wêreld nie,” het Kruger gesê.


LEES OOK: Youth Parliament calls for action on unemployment and economic inclusion


“Mense soek iets om daardie leemte te vul . Hulle gaan soek dit in pornografie, wellus of dwelms, maar dit gaan nie daardie leemte vul nie. Ek was ook eens op ’n tyd in die wêreld en ek was ook soekend.”

Kruger het met die mans oor die geesteswêreld gepraat en gesê dit is ’n werklikheid.

Hy het gesê dit is belangrik om ’n pad van vergifnis te loop. Hy het vir die mans gebid en gesê baie lewens is aangeraak.

Kruger bied, saam met Dominators Den se stiger, Cedric Doyle, weer op 18 Julie ’n manne-oggend plaas.

Dit begin om 09:00 en vind by Dominators Den in Manie Maritzstraat 6 plaas.

Enige mans is welkom om dié oggend by te woon. Vir meer inligting, skakel Doyle by 076 834 7083 of Kruger by 082 772 5661.


LEES OOK: Community volunteers say vandalism and recurring occupation threaten Secunda’s green strips


Mans neem deel aan lofprysing en aanbidding tydens ’n manne-oggend by Dominators Den gemengde gevegskunsklub op 6 Junie. Foto: Jana Oosthuizen.
Mans neem deel aan lofprysing en aanbidding tydens ’n manne-oggend by Dominators Den gemengde gevegskunsklub op 6 Junie. Foto: Jana Oosthuizen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button