Kaalspruit-lede op Standerton maak sandale op vergadering
Die VLU-Kaalspruittak vergader gewoonlik in die NH Kerk se kleinsaal.
Die VLU-Kaalspruittak op Standerton se vergadering in Augustus het ’n paar hoogtepunte opgelewer.
Die vroue het op 25 Augustus in die NH Kerk se kleinsaal vergader waar Maretha Kruger per stemboodskap vir hulle meer oor die bome van die jaar vertel het.
Santie Cawood, die voorsitter, het die lede ingelig oor die kongres wat sy bygewoon het.
Die vroue het hierna pret gehad met die maak van sandale uit herwonne materiaal.
Die VLU Kaalspruittak se volgende vergadering is om 09:30 op 15 September in die NH Kerksaal.
Trudie Swanepoel sal as gasvrou optree en Marinda Visser, taklid, sal die vroue wys hoe om blomme op kerse vas te sit met was.
Almal is welkom.





