
Dit bekommer my dat meeste mense kla oor diefstal en korrupsie in die samelewing en dat baie mense aggressief raak as hulle hoor van inbrake.
Maar soms kyk ons as mens net vas in die grootskaalse korrupsie en diefstal, terwyl diefstal onder ons neuse gebeur en die korrupsie word selfs ondersteun deur ons as mense.
Jy sal in elke dorp mense vind wat met gekopieerde DVDs in die strate rondloop en dit verkoop.
Sakke vol gekopieerde DVDs word op die skouers gedra en gesmous en die mense koop dit.
Jy parkeer jou voertuig skaars, dan val die DVD-roofvoëls jou toe.
Die DVDs wat verkoop word, wys skaars in die bioskoop dan is dit al op straat beskikbaar.
Ons moet besef dat vir elke DVD van daardie gehalte R50 verlore gaan.
Die gehalte van daardie DVDs is so sleg en die klank nie sag op die oor nie, dit is ’n irritasie.
Pleks dat ons net duurder betaal vir DVDs en CDs van beter gehalte.
Baie mense meen die gekopieerde DVDs is goedkoper, maar vir elke keer wat ons geld daaraan bestee en die DVD-smouse ondersteun, bevorder ons korrupsie.
Dit beïnvloed die verhuring van DVDs by videowinkels met die gevolg dat DVD-verhurings styg en later kry hulle nie meer mense wat so duur wil betaal om ’n DVD uit te neem nie.
Aan die einde van die dag maak die winkel toe en mense sit sonder werk.
’n CD en musiek-DVD is ’n produk van ’n sanger se diens aan Jan Publiek, die DVDs en CDs is sy inkomste soos elke werknemer s’n.
Ons voel ongelukkig as daar net aan jou salaris geraak word, maar ons wat roof-DVDs en -CDs ondersteun doen dit sonder om te blik of te bloos.
Die kunstenaars word geroof deur diegene wat die DVD-roofvoëls ondersteun.
Ek het die beste diens by Musica op Secunda gekry.
Henry, die area-bestuurder en die bestuurder daar het uit hul pad gegaan om goeie kliëntediens aan my te lewer.
Ondersteun jou naaste musiekwinkel wat CDs en DVDs verkoop.
Saam kan ons stelselmatig korrupsie inperk deur die regte ding te doen.
Anti-korrupsie, Secunda.



