LettersOpinion

Munisipaliteit los gemors

Hoe werk munisipaliteit op Secunda?

Soos die meeste van die Secunda-inwoners weet, wag daar ’n verrassing vir ons aan die einde van die maand, naamlik ’n groot water- en ligterekening.

Nou kan ons nie die rekeninge vergelyk nie omdat ons nie verlede maand een gekry het nie.

Ons was almal geskok oor verlede maand se lae rekening, maar dit beteken net ons gaan aan die einde van dié maand baie betaal.

Dan word ’n mens ook nie gewaarsku dat jou watermeter met ’n nuwe een vervang gaan word nie en dit beteken jy sit vir ’n paar ure sonder water.

Jou plaveisel word gebreek en hulle los vir jou ’n groot gemors.

Dit help nie om te kla nie, maar kom ons probeer, want iewers moet ons gehoor word.

Tanya Horn, Secunda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button