LettersOpinion

Ek daag die DA uit

Ons is moeg vir veskonings van die politieke partye en munisipaliteit.

Genoeg is genoeg, met dié brief wil ek die DA uitdaag.

Eerstens ek is nie ’n ANC-lid nie.

Ek het tot my spyt met die laaste vekiesing vir die DA gestem.

Dit het tyd geword dat die raadslede, alle dienende raadslede, begin om verantwoordelikheid en aanspreeklikheid te aanvaar vir die swak werk wat deur amptenare gedoen word.

Vir die amptenare en die ANC-raadslede is die gemors wat hulle aanvang blykbaar die beste wat hulle kan lewer en die arme DA ry maar die soustrein (die vus) saam en gee net so en dan en wan ’n skreeu, sit dan terug en besluit hulle het hul deel gedoen.

Dit is duidelik dat Govan Mbeki Munisipaliteit se raadslede en amptenare nie ’n dorp kan bestuur nie maar dat hulle beter sal vaar in die bos waar daar nie dienste is om te bestuur nie.

In Trichardt is daar onlangs slaggate reggemaak op die Vrydag en teen die Dinsdag was die slaggate groter en dieper as toe die munisipaliteit dit begin regmaak het.

Die rede is maklik hulle vee die losgrond uit die slaggat en gooi asfalt in die gat, stamp dit net so effens (die verkeer sal dit mos verder instamp) en siedaar nog ’n swak diens is gelewer.

Moet asseblief nie weer die reënstorie gebruik nie, dit hou nie water nie en is afgesaag.

Gaan kyk self hoe dit in Bekker- en Greystrate lyk.

My uitdaging aan die DA is:

* Neem stappe en hou die raadslid vir die betrokke department en die departementshoof verantwoordelik.

Daar word voorsiening gemaak dat vrugtelose uitgawes verhaal kan word.

* Kry die metode by die departmentshoof wat sy department gebruik om slaggate te herstel en publiseer dit.

* Vergelyk dit dan met die werk wat gedoen is en as dit nie reg gedoen is nie vervolg die skuldiges van bo tot onder.

* Gee ’n program van die strate op Trichardt en waar slaggate herstel gaan word aan Trichardt-inwoners.

* Gee die bedrag wat in die begroting vir Trichardt se paaie toegelaat is vir pad en straat instandhouding

Die flouste verskoning in die wêreld is die een van ons is in die minderheid.

As die DA dan niks kan regkry omdat hulle in die minderheid is waarom is julle dan nog daar, want die DA sal in die minderheid bly.

Vir my is dié redenasie verby eenvoudigheid.

Daar is reëls, regulasies, wette en selfs ’n openbare beskermer wat gebruik kan word om dit wat verkeerd is reg te kry en korrupsie uit te roei, maar solank almal net in die bus saamry en niks verder doen nie sal niks verander nie.

Kom DA wys, let wel, nie sê nie vir die Govan Mbeki gemeenskap waarom hulle vir julle moet stem in die volgende verkiesing.

Nou weet ek ook waar die spreekwoorde vandaan kom wat lui: “Put your money where your mouth is” en “Talk is cheap but money buys the whiskey.”

As daar nie iets soos verskonings was nie sou daar nie ’n ANC party gewees het nie

GL Botha, Secunda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button