
Ons as die Secunda Geloftekomitee wil hiermee ons dank aan die volgende instansies en persone betuig vir hul ondersteuning aan die gesamentlike geloftediens wat ons verlede jaar op Secunda gehou het.
Dankie aan die Kruik Kerk Secunda-gemeente en hul personeel vir die gebruik van die ouditorium asook die klank- en beeldtoerusting.
Dankie aan ds. Hannes Reinecke vir die gepaste en versoenende boodskap, die ondernemings en individue wat die gelofte-plakkate vertoon het, die bykans 600 mense wat die diens bygewoon het en die Echo en Ridge Times koerante vir die plasing van artikels oor die diens.
Die kollekte het al ons kostes gedek en daar is R2 525.30 oor wat ons vir Bybelverspreiding betaal het.
Vanjaar se geloftediens sal in die kerkgebou wat deur die N.G. Kerk Secunda-gemeente en die N.G. Kerk Goedehoop-gemeente gedeel word, aangebied word.
Secunda Geloftekomitee.



