
Die N17-snelweg se straatlampe brand nag en nag en in die woonbuurt is dit al vir jare stildonker.
Ek stuur briewe, smse en doen navrae telefonies, maar kry net geen antwoord van die munisipaliteit nie.
Die inwoners raak al hoe meer onstoke by die dag.
Graag wil ek net twee vrae beantwoord hê.
1. Wat gaan gedoen word aan die skade en verliese wat inwoners lei weens voortdurende kragonderbrekings ?
Yskaste en elektriese toerusting wat gedaan raak weens die kragonderbrekings.
Vleis en ander bederfbare produkte word weggegooi weens swak instandhouding van ons dorp.
Bande wat bars weens die slaggate op die paaie op Bethal.
2. Wanneer gaan daar iets daadwerkliks gedoen begin word aan al die horde klagtes van die inwoners ?
Michelle Viljoen, voorsitter van Bethal DA.



