
Word wakker
Ons straatligte is nou al ‘n jaar af.
Ons het ‘n klomp verwysingsnommers versamel, maar wat help dit?
Al wat hulle doen, is belowe en niks gebeur nie.
Hulle maak stories op, skiet spek.
Kom sit net asseblief nuwe gloeilampe in, of ek klim self die paal.
Na hoeveel maande, en die water is steeds so vuil dat ek dit nie eens vir my honde wil gee nie.
Ek is nou in kontak met die verbruikersraad, dalk help dit.
Dan skaam ek my morsdood oor die toestand van ons paaie, veral die pad na Meyerville.
Wie dra tot die padfonds by?
Daar moet deeglik oor besteding verantwoording gedoen word.
Die land gaan skokkend agteruit en sy mense krepeer.
Mense, ons moet wakker word.
Moedverloor se vlakte, Standerton.



